Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Sampson, Henry William.
Sampson, Henry William. [boodskap #123689] Di, 08 Januarie 2019 18:41
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Henry William Sampson was 'n Arbeider-leier en kabinetsminister. In 1872 in Londen gebore in ’n werkersklas-omgewing. In 1891 kom hy na Suid-Afrika as drukker. Hy word lewenslange president van die Suid-Afrikaanse Tipografiese Unie. In 1902 word hy voorsitter van die Witwatersrand Trades and Labour Council en was gekant teen die invoer van Sjinese arbeid vir die myne. In 1907 word hy verkies as stadsraadslid vir die nuwe Arbeidersparty en in 1910 as parlementslid. Speel ’n leidende rol in die verkryging van voldoende kompensasie vir slagoffers van Myntering. Onder die Pakt-bewind sluit hy aan by die Hertzog-kabinet as Minister van Pos- en Telegraafwese en van Openbare Werke van 1928 tot 1933. Hy was bedrywig in internasionale onderhandelings vir werkers in Suid-Afrika. In 1938 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Sampioene en Swamme
Volgende onderwerp: Sampson, Victor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:10:43 MGT 2024