Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Harare (Salisbury)
Harare [boodskap #123679] Ma, 07 Januarie 2019 06:21
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Harare (vroeër Salisbury) is die hoofstad en grootste stad van Zimbabwe (Rhodesië). Oorspronklik na lord Salisbury, eerste minister van Brittanje, vernoem. Op 12 September 1890 gestig, die dag toe die Pioneer Column daar aangekom het en ’n vlag op die huidige Cecil-plein gehys het. Die idee was om die stad onderkant Mount Hampden aan te lê maar Hararikoppie is verkeerdelik gekies. Dit was bekend as Fort Salisbury tot 1897 toe dit ’n munisipaliteit geword het en Salisbury genoem is. In 1982 is die stad se naam na Harare verander. As gevolg van sy hoogte, 4,850 voet, het die plek ’n gesonde klimaat.

Die Universiteitskollege van Zimbabwe (in 1957 deur die Koningin-moeder geopen), die Argief, ens., is hier geleë en dit is die setel van die Zimbabwiese Parlement. Dit is ook die sentrum van die Zimbabwiese tabakbedryf. Die veilingslokaal is ’n gewilde aantreklikheid. Fabrieksnywerhede sluit in tekstielware, voedselware, kunsmis, koringmeule, radio, beton, skoeisel, chemikalieë, ens.

Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: nagenoeg 324,800 (stedelike gebied), insluitend 88,000 Blankes en 230,000 Naturelle (syfers sluit in kleiner gemeenskappe in die omgewing, soos Greendale, Hatfield, Highlands, Mabelreign, Meyrick Park, Mount Pleasant, ens.)

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Salie
Volgende onderwerp: Salisbury-Eiland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:04:19 MGT 2024