Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Saldanhabaai
Saldanhabaai [boodskap #123676] Ma, 07 Januarie 2019 06:12
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Saldanhabaai is 'n groot inham aan die suidweskus van Kaapland. Omtrent 55 myl noord van Tafelbaai geleë. Dit is verreweg veiliger en groter as laasgenoemde, en as dit nie was vir die destydse gebrek aan water nie, sou dit die terrein gewees het van die eerste blanke nedersetting in Suid-Afrika. Pogings is herhaaldelik aangewend om dit as ’n hawe te ontwikkel en met tye van groot drukte het dit as waardevolle alternatief vir Tafelbaai-dokke gedien. Vanweë sy strategiese belang het verskeie seegevegte in Saldanhabaai plaasgevind. Die oorspronklike Hollandse buitepos is in 1666 opgerig, maar is in dieselfde jaar deur die Franse verower en weer in 1670. In 1781 het die Franse admiraal De Suffren die verowering daarvan beplan, en die Hollandse vloot het in 1796 na die Britse aanval op die Kaap daar oorgegee. Tydens die Amerikaanse Burgeroorlog het die beroemde kaapvaarder, die Alabama dit vir ’n kort tydjie as basis gebruik. Sy geskiktheid as ’n aanlêplek vir skepe wat nie die oorvol Tafelbaai kon binnevaar nie, het gelei tot die stigting van ’n maatskappy wat ’n spoorlyn en verdere verbeterings beplan het. Ontwikkeling was egter stadig, hoewel daar vooruitgang was op die gebied van die vis- en walvis- bedryf by Langebaan en ander sentrums. In die Tweede Wêreldoorlog is Saldanhabaai gebruik as bymekaarkomplek vir konvooivaarders en sedertdien is ’n Vlootopleidingsgimnasium daar deur die Suid-Afrikaanse owerheid opgerig.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Saldanha, Antonio da
Volgende onderwerp: Salem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:35:08 MGT 2024