Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Safmarine
Safmarine [boodskap #123664] So, 06 Januarie 2019 20:52
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Safmarine is 'n gewilde naam vir die Suid-Afrikaanse Marinekorporasie, ’n Suid-Afrikaanse skeepvaartmaatskappy met sy hoofkantoor in Kaapstad. In 1946 gestig met die samewerking van wyle dr. H.J. van der Bijl en Henry D. Mercer, voorsitter van die States Marine Corporation in die V.S.A. Dit het met 3 ‘Victory’-skepe met ’n maandelikse diens na die Kaap begin. Meer kapitaal is in 1959 van die Nywerheid-Ontwikkelingskorporasie verkry en in 1961 het Safmarine die beheer van die Springbok-redery van die British and Commonwealth Shipping Co. Ltd. oorgeneem. Teen die 1960's oefen Saftnarine beheer uit oor 27 moderne skepe, met ’n totaal van 345,000 ton, insluitend drie van meer as 24,000 ton. Daar is ’n diens na Amerika, Europa en Japan. Dit koop in 1965 die Union Castle-posbote, Transvaal Castle en Pretoria Castle. Vroeg in 1966 herdoop na die S.A. Vaal en die S.A. Oranje.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Saffraanhout
Volgende onderwerp: St. Aidan’s College
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:24:08 MGT 2024