Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Sabirivier
Sabirivier [boodskap #123662] So, 06 Januarie 2019 20:46
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Sabirivier (moenie verwar met Sabie in Transvaal nie) is 'n belangrike rivier in Zimbabwe (Rhodesië), 400 myl lank. Dit ontspring naby Marandellas en sy hoof takriviere is die Mundi- en Odzirivier. Vloei suidwaarts deur onontwikkelde, dog potensiële ryk landskap. Dit maak ’n draai en gaan die Mosambiek-gebied binne, waar dit die Saverivier genoem word, en mond uit in die see naby Mambone. Besproeiings- en landbouprojekte is in die Sabiriviervallei aan die gang. Verbinding is deur die Birchenough-brug, een van die grootste in sy soort in die wêreld, verbeter.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Sabie
Volgende onderwerp: Saffraanhout
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:41:33 MGT 2024