Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Referendum (Volksraadpleging)
Referendum [boodskap #123656] So, 06 Januarie 2019 18:06
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Referendum (of volksraadpleging) is 'n vraag wat aan die kiesers van 'n land gestel word oor 'n belangrike besluit wat geneem moet word.

Die eerste referendum in die moderne sin wat in Suid-Afrika gehou is, het op 10 Junie 1909 in Natal plaasgevind om vas te stel of die Kolonie moet aansluit by die Unie van Suid-Afrika. Uit ’n kieserslys van nagenoeg 24,000 (almal manlik) het 14,822 kiesers gestem, naamlik 11,121 ten gunste van Unie en 3,701 daartéén.

Nog ’n referendum is op 27 Oktober 1922 in Zimbabwe (Suid-Rhodesië) gehou om te besluit of dié Kolonie by die Unie van Suid-Afrika moet aansluit, en of dit verantwoordelike regering moet aanvaar. Die resultate was 8,774 stemme vir verantwoordelike regering, 5,989 stemme vir Unie en 93 bedorwe stembriewe.

Op 5 Oktober 1960 het die Unie van Suid-Afrika ’n referendum gehou om te besluit of sy regeringsvorm verander moet word na dié van ’n Republiek. Van die 1,800,748 kiesers op die lys het 1,633,772 hulle stemme uitgebring. Daar was 850,458 stemme ten gunste van ’n Republiek en 775,878 daartéén. Afgesien hiervan was daar ’n paar honderd bedorwe stembriewe.

Tydens die Suid-Afrikaanse referendum van 1992 is kiesers gevra om 'n ja- of nee-stem uit te bring vir onderhandelings om apartheid te beëindig. Die stemming het op 17 Maart 1992 plaasgevind en was tot wit stemgeregtiges beperk. Die uitkoms was 'n oorweldigende oorwinning vir die ja-stem.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Rynse Instituut
Volgende onderwerp: Saaidam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:54:13 MGT 2024