Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Rustenburg
Rustenburg [boodskap #123653] So, 06 Januarie 2019 17:29
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Rustenburg kan na een van die volgende verwys:

1. Dorp in Transvaal. In 1850 gestig en volgens ds. Lion Cachet so genoem ‘omdat die Boere hier minder gely het onder die naturelle-aanvalle’, ’n plek van rus. President Kruger se plaas was daar naby geleë en ’n monument getuig van sy verbintenis met dié plek. Tydens die eerste Britse besetting van Transvaal in 1877, is ’n fort opgerig, waarin die garnisoen tydens die Oorlog van 1880-81 beleër is, dog hulle het die aanval afgeslaan. Sommige van die vroegste sittings van die Transvaalse Volksraad, so ver terug as 1852, het op Rustenburg plaasgevind. Gevegte het tydens die Tweede Vryheidsoorlog in die omgewing plaasgevind. Vandag is die dorp bekend vir sy groot tabakbedryf, sitrus- en ander vrugteproduksie, algemene en subtropiese landbou, wat aangehelp word deur die ekstensiewe besproeiingskema. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 26,886 (13,500 Blankes).

2. Beroemde ou Kaapstadse herehuis in Rondebosch. Die oorsprong van dié landgoed dateer terug na die 17de eeu, toe die voorloper van die huidige gebou deur vroeë goewerneurs as ’n landhuis gebruik is. Plaas vorm nou deel van die Groote Schuur-landgoed, maar die huis behoort aan die Rondebosch Girls’ High School, wat gewoonlik Rustenburg genoem word.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Russell, Sir Alexander Fraser
Volgende onderwerp: Rutiel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:35:01 MGT 2024