Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Runderpes
Runderpes [boodskap #123648] So, 06 Januarie 2019 17:23
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Runderpes is 'n plaag onder beeste wat in die vroegste tye in Europa en Asië bekend was. Die naam is afgelei van die Duitse woord "Rinderpest" wat veeplaag beteken. Dit is 'n endemiese siekte in Sentraal-Afrika, en is reeds in 1889 in Somaliland bekend. Dit het suidwaarts versprei na Uganda in 1890, Njassaland in 1892 en Bulawayo in Maart 1896. Daarna het dit snel uitgebrei en die Oranjerivier in Maart 1897 oorgesteek ten spyte van kordonne en heinings. Bovine-beeste het soos vlieë gevrek en teen die tyd dat die epidemie bedaar het, was die beesverliese in Suid-Afrika na beraming meer as 4,500,000. Die siekte neem die vorm aan van koors en inflammasie van al die weefsels, terwyl daar ’n etterafskeiding van die neus kom. Dood tree gou daarna in. Dr. Robert Koch het ’n geslaagde inentingsmetode met serum ontwikkel.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ruisvoorn
Volgende onderwerp: Runde-Bouval
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:09:36 MGT 2024