Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ruimtenavorsing
Ruimtenavorsing [boodskap #123646] So, 06 Januarie 2019 17:20
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ruimtenavorsing is navorsing oor die buitenste ruim bokant die Aarde se atmosfeer. Suid-Afrika het in 1958 aan ruimtenavorsing begin deelneem met die oprigting van ’n fynnaspoorpos naby Esselenpark tussen Pretoria en Johannesburg om die bewegings van die eerste Amerikaanse satelliet, Explorer I, te volg. Die werk word gedoen in samewerking met die Nasionale Instituut van Telekommunikasienavorsing in Johannesburg. Nog 'n opspoorpos is in 1958 by Hartebeeshoek opgerig. Tydens die vlug van die Amerikaanse satelliet, Mariner II, verby die planeet Venus, was Suid-Afrika se ‘Diepruimte-naspoorpos’ die eerste in die wêreld wat 'n bevel na die satelliet uitgestuur het waarop hy gereageer het. Daarmee is ’n rekord vir langafstandkommunikasie oor ’n afstand van 54,000,000 myl opgestel. In 1964 het die Franse regering ’n opspoorpos by Pienaarsrivier naby Pretoria opgerig wat in 1965 in werking getree het.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ruigtevallei
Volgende onderwerp: Ruisvoorn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:51:43 MGT 2024