Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Rudd, Charles Dunell
Rudd, Charles Dunell [boodskap #123642] So, 06 Januarie 2019 16:08
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Charles Dunell Rudd was 'n vennoot van Cecil John Rhodes. Op 22 Oktober 1844 in Hanworth Hall, Norfolk, gebore. Hy ontvang opleiding in Harrow en Cambridge en was ook ’n voortreflike atleet. Op 22-jarige ouderdom kom hy in die Kaap aan en jag etlike jare lank saam met John Dunn. Hy was een van die vroegste aankomelinge in Kimberley waar hy vir Cecil John Rhodes ontmoet. Hulle vennootskap ontstaan toe elkeen ’n kwart kleim in die De Beers-myn koop, die eerste stap tot die stigting van De Beers Consolidated Mines. In 1883 word Rudd lid van die Kaapse Parlement en was hy grotendeels verantwoordelik vir die invoering van ’n doeltreffende wetgewing om onwettige diamanthandel te beëindig. Hy word een van die hooffigure in die stigting van die Goldfields of South Africa (later die Consolidate Goldfields). Namens Cecil Rhodes is hy in 1888 na Matabeleland en verkry die konsessie van Lobengula waarop die toekenning van die oktrooi vir die British South Africa Company gebaseer is. In 1916 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Rubusana, Eerw. Dr. Walter B.
Volgende onderwerp: Rugby
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:00:51 MGT 2024