Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Rubusana, Eerw. Dr. Walter B.
Rubusana, Eerw. Dr. Walter B. [boodskap #123641] So, 06 Januarie 2019 16:05
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Eerw. Dr. Walter B. Rubusana was die eerste Bantoelid van die Kaapse Provinsiale Raad. Op 21 Februarie 1858 op Mnandi, naby Somerset-Oos, Kaapland, gebore en ontvang opleiding aan Lovedale. Hy word onderwyser en neem waar as assistent vir eerw. R. Birt op Peeltonsendingstasie voordat hy in 1884 bevestig is as ’n gemeentelike predikant. In 1905 sluit hy aan by die Naturelle-afvaardiging na die Britse regering en hy presideer die eerste Naturellekonvensie in 1909. Hy word in 1910 verkies tot lid van die Kaapse Provinsiale Raad vir Temboeland en bly lid tot 1914. Hy skryf History of South Africa from the Native Standpoint waarvoor hy ’n eredoktorsgraad in Filosofie ontvang het van die McKinley Universiteit in die V.S.A. Was die eerste Bantoe om op te tree as Moderator by die Midland-sendingkomitee van die ‘Congregational Union of South Africa’. In 1936 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Rubbervale
Volgende onderwerp: Rudd, Charles Dunell
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:17:09 MGT 2024