Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Roworth, Edward
Roworth, Edward [boodskap #123634] So, 06 Januarie 2019 15:50
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Edward Roworth was 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar. In 1880 in Lancashire gebore. In 1902 vestig hy hom in die Kaap en verwerf gou gewildheid met sy weergawes van ou opstalle, eikebome en ander karakteristieke plaaslike onderwerpe. In 1909 het hy sy beroemdste werk geskilder, ’n weergawe van die lede van die Nasionale Konvensie. Van 1937 tot 1949 was hy Professor in die Skone Kunste aan die Michaelis-skool aan die Universiteit van Kaapstad. In 1953 tree hy af en lê hom toe op sy skilderwerk. In 1964 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Rouxville
Volgende onderwerp: Royal Durban Light Infantry
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:14:08 MGT 2024