Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Roux, Generaal Paul Hendrik
Roux, Generaal Paul Hendrik [boodskap #123632] So, 06 Januarie 2019 15:47
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal Paul Hendrik Roux was 'n predikant en soldaat. In 1862 op Hopetown, Kaapland, gebore. Hy ontvang opleiding in die Paarl en aan die Stellenboschse Teologiese Kweekskool. Na die voltooiing van sy studies in Europa, word hy in 1891 aangestel as predikant van die Nederduitse Gereformeerde gemeente op Senekal, O.V.S., waar hy groot respek afgedwing het. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het hy besluit om te veg in plaas daarvan om kapelaan te wees, en word bevorder tot die rang van generaal. In 1900 word hy in die Vrystaat gevangene geneem en na Ceylon gestuur waar hy tot ’n geruime tyd na die vrede in ballingskap was. Hy keer terug en hervat sy werk as predikant op Vredefort. In 1905 verhuis hy na Beaufort-Wes waar hy in 1911 oorlede is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Rothman, Miem E.
Volgende onderwerp: Rouxville
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:44:57 MGT 2024