Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Rotariërklub
Rotariërklub [boodskap #123629] So, 06 Januarie 2019 15:43
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Rotariërklubs is deel van die wêreldwye diens-organisasie Rotary International. Die eerste Rotariërklub op die vasteland van Afrika is in 1920 in Johannesburg gestig en sy oktrooi in Mei 1921 ontvang. Gedurende die eerste 3 jaar is klubs in Durban, Port Elizabeth, Pretoria en Kaapstad, in dié volgorde, gestig. Teen 1960 was daar meer as 80 klubs in Suid-Afrika en omtrent 40 in Zimbabwe (Rhodesië), Kenia en Uganda. Daar bestaan geen klub in Mosambiek nie, maar daar is klubs gestig in Luanda, Angola en in Madagaskar. Slegs een lid kan sy klassifikasie verteenwoordig, maar klassifikasies kan onderverdeel word. Die oogmerk van die klubs is om die beginsel van diens in alle vakke en beroepe aan te moedig, en om hoë etiese standaarde te handhaaf. Elke klub is selfbesturend in sy beheer.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Rot
Volgende onderwerp: Roteiro
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:09:38 MGT 2024