Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ross, Sy Edele Hamilton
Ross, Sy Edele Hamilton [boodskap #123625] So, 06 Januarie 2019 15:36
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sy Edele Hamilton Ross was 'n Suid-Afrikaanse handelspionier. In 1775 in Skotland gebore. Hy kom na Suid-Afrika as ’n offisier in die Scots Guards ten tye van die eerste Britse besetting, en verwerf die onderskeiding dat hy die Union Jack gehys het na die verowering van die Kaap. Hy trou met ’n Suid-Afrikaanse meisie en begin met die bekende firma, Hamilton Ross & Co. Pionier in die uitvoer van wyn, as ’n borg van een van die vroegste banke, as ’n lid van die Wetgewende Raad van 1834-49, en as ’n leier in die Anti-Bandiete beweging van 1849. Sy veelvuldige ontwikkelingspogings sluit in: bou van paaie, ’n aktiewe rol in die stigting van die South African College, die stigting van die Kaapstadse Kamer van Koophandel, die eienaarskap van sy eie handelskepe en baie ander prestasies. Op 16 Februarie 1853 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Rosmead-Aansluiting
Volgende onderwerp: Rosslyn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:26:21 MGT 2024