Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Rose-Innes, Sir James
Rose-Innes, Sir James [boodskap #123621] So, 06 Januarie 2019 15:30
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir James Rose-Innes was die Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika. In 1855 in Grahamstad gebore. Hy ontvang opleiding aan Gill-kollege, Somerset-Oos, en die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop. In 1878 word hy tot die balie toegelaat. In 1890 word hy Prokureur-generaal in Cecil Rhodes se Kabinet. In 1902 word hy aangestel as Hoofregter van Transvaal, ’n pos wat hy beklee tot Uniewording. Met die stigting van die Appèlafdeling word hy senior onderregter en met die dood van lord De Villiers in 1914, Hoofregter. In 1942 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Roos, Tielman Johannes de Villiers
Volgende onderwerp: Rosendal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:05:29 MGT 2024