Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Roos, Tielman Johannes de Villiers
Roos, Tielman Johannes de Villiers [boodskap #123620] So, 06 Januarie 2019 15:28
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Tielman Johannes de Villiers Roos was die adjunk-premier en leier van die Nasionaliste. In 1879 in Kaapstad gebore. Hy ontvang opleiding aan die South African College en bekwaam hom as advokaat. In 1902 kom hy in Pretoria aan waar hy ’n goeie praktyk opgebou het. Hoewel hy belang gestel het in Het Volk, het hy eers ná Uniewording op die voorgrond getree toe hy een van generaal J.B.M. Hertzog se eerste ondersteuners word.

In 1915 word hy Parlementslid vir Lichtenburg, Transvaal. Na die 1914-Rebellie het hy gehelp met die verdediging van generaal Christiaan de Wet tydens sy verhoor. Vanweë sy welsprekendheid, ekstremisme en humor word Tielman Roos een van die bekendste figure in Suid-Afrika, met die bynaam ‘Die Leeu van die Noorde’, die hoofluitenant en aangewese opvolger van generaal Hertzog. Toe laasgenoemde in 1924 aan bewind kom, word Roos Adjunk-Premier en Minister van Justisie. In die hoedanigheid het hy goeie werk verrig ten opsigte van die Drankwet, die Maatskappyewet en ander belangrike wetgewing. Omdat sy gesondheid ingegee het, het hy hom in 1929 aan die politiek onttrek en ’n regter in die Appèlafdeling in Bloemfontein geword. Tydens die Goudstandaardkrisis van 1932 en die daaropvolgende politieke dooie punt, besluit hy om tot die politiek terug te keer, bedank as regter en begin met ’n nuwe politieke party.

Dit loop uit op die versoening tussen generaal Smuts en generaal Hertzog en die stigting van die Verenigde Suid-Afrikaanse Nasionale Party. Tielman Roos se gesondheid het verder agteruitgegaan en hy is op 28 Maart 1935 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Roos, Paul Johannes
Volgende onderwerp: Rose-Innes, Sir James
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:16:54 MGT 2024