Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Roos, Paul Johannes
Roos, Paul Johannes [boodskap #123619] So, 06 Januarie 2019 14:28
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Paul Johannes Roos was die kaptein van die eerste Suid-Afrikaanse internasionale rugbyspan. In 1880 naby Stellenbosch gebore. Ontvang opleiding op Wellington en Stellenbosch. Nadat hy hom as onderwyser bekwaam het, aanvaar hy sy eerste pos in 1902 op Rustenburg, Transvaal. Sedert sy kollegedae in 1897 was hy ’n uitstaande rugbyspeler en toe hy in 1903 na Stellenbosch terugkeer, word hy gou een van die bekendste manne in die spel. In 1906 was hy kaptein van die eerste Suid-Afrikaanse oorsese rugbyspan, die "Sprinkbokken" wat byna al hulle wedstryde in die reekse in Brittanje en Frankryk gewen het. Hy word prinsipaal van ’n seunskool en was ’n vooraanstaande rugby-administrateur. Hy word Parlementslid en is in 1948 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Roos, Gideon Daniel
Volgende onderwerp: Roos, Tielman Johannes de Villiers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:37:32 MGT 2024