Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Roos, Gideon Daniel
Roos, Gideon Daniel [boodskap #123618] So, 06 Januarie 2019 14:26
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Gideon Daniel Roos was Direkteur-generaal van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie. Op 28 Oktober 1909 op Worcester, Kaapland, gebore. Studeer op Stellenbosch. Hy is as Rhodes-beurshouer na Oxford en studeer ook in Leyden, Holland. Soos sy vader, Paul Roos, was hy ook ’n voortreflike rugbyspeler en verwerf sy kleure aan Oxford. Hoewel hy in 1933 toegelaat is tot die balie, het hy eerder by die oorspronklike African Broadcasting Company aangesluit, en toe dit in 1936 die S.A.U.K. word, het hy aangebly. In 1937 het hy gehelp met die organisasie van die Afrikaanse program en in 1942 is hy aangestel as sekretaris van die Korporasie, waarvan hy in 1948 Direkteur-generaal word. Hy bedank in 1961 om Suid-Afrikaanse direkteur van die Performing Rights Society te word.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Rooney, Biskop John
Volgende onderwerp: Roos, Paul Johannes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:17:00 MGT 2024