Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Rooiborsie (Turdidae)
Rooiborsie [boodskap #123604] So, 06 Januarie 2019 13:42
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Rooiborsie (Turdidae) behoort aan 'n familie bekende sangvoëls. Hiervan is die janfrederik (Cossypha caffra caffra) die bekendste met sy wit wenkbroue en rooierige oranje bors. Wanneer sy stert op wip, sien mens die donker sentrale streep teen die oranje. Die Piet-my-Vrou (C. dichroa) is helderder gekleurd, meer skugter, maar wanneer hy sing, aap hy baie ander voëls na. Die Kaapse katlagter (Erythropygia coryphaeus) is ’n bruin-grys voëltjie van die droër dele tussen Kaapstad en Bloemfontein. Hy het wit vere in sy waaier-stert. Die skaapwagter of koggelaar, die tapuite of spekvreters en die lysters behoort aan dieselfde familie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Rooibekvink
Volgende onderwerp: Rooi-els
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:44:31 MGT 2024