Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Roodepoort-Maraisburg
Roodepoort-Maraisburg [boodskap #123602] So, 06 Januarie 2019 13:37
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Roodepoort-Maraisburg is 'n dorp aan die westelike Witwatersrand. In 1888 gestig as Roodepoort-mynkamp op ’n plaas met die naam, omtrent 13 myl van Johannesburg. Die vooruitgang van nabygeleë goudmyne het sy groei gestimuleer en in 1902, na die Tweede Vryheidsoorlog, is ’n Gesondheidsraad gestig wat Roodepoort, Maraisburg, Florida, Delarey en Greymont (laasgenoemde is in 1916 uitgeskakel) ingesluit het. Die oorgawe van dr. L.S. Jameson en sy invallers in 1896 was die mees dramatiese gebeurtenis van sy vroeë geskiedenis. Dit het op Doornkop, net besuide die Durban-Roodepoort-myn, plaasgevind. In 1904 word die dorp ’n munisipaliteit. Florida, wat bekend is vir sy kunsmatige meer, het ontwikkel as gewilde vakansie-oord en woonbuurt. Afgesien van florerende goudmyne, bestaan daar nou ’n aansienlike vervaardigingsbedryf en algemene nywerheidsbedrywighede in die Roodepoort-Marais-burggebied. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 104,300 (48,200 Blankes, 1,707 Kleurlinge, 1,500 Asiate en 53,000 Bantoes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Rood, Kolonel Karel
Volgende onderwerp: Rooibekvink
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:49:07 MGT 2024