Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Romeins-Hollandse Reg
Romeins-Hollandse Reg [boodskap #123599] So, 06 Januarie 2019 13:15
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Romeins-Hollandse Reg is die gemene reg van Suid Afrika; afgelei van die 17de eeuse reg van Nederland. Dit het ontwikkel op die grondslag van Romeinse Reg (veral die Corpus Juris van die keiser Justinianus) wat in die dae van die Caesars in die Laaglande ingevoer is, maar in ’n sekere mate deur plaaslike Germaanse gebruik gewysig is, veral op die gebied van prosedure, interpretasie en kontrak. In die hande van groot juriste soos Voet, Grotius en ander het dit hoogs geskik geword vir die behoeftes van ’n opkomende beskawing. Dit is deur die pioniers in Zimbabwe (Suid-Rhodesië) ingevoer onder een van die vroegste proklamasies; dit het ook Duitse reg in Namibië (Suidwes-Afrika) vervang. Buite Suid-Afrika het dit in ’n beperkte mate in die vroeëre Nederlandse kolonies van Brits-Guiana en Ceylon behoue gebly. In Holland is dit vervang deur die Kode Napoléon, wat aan die begin van die 19de eeu ingevoer is. Sien Reg.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Roman
Volgende onderwerp: Rondawel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:35:55 MGT 2024