Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Rolprent (Film)
Rolprent [boodskap #123597] So, 06 Januarie 2019 13:06
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Nuwe film word op 'n projektor geplaas.
'n Nuwe film word op 'n projektor geplaas.
'n Rolprent, film of fliek is ’n storie wat deur ’n reeks vinnig opeenvolgende beelde gevorm word. Die spoed waarteen die beelde geprojekteer word, laat dit lyk of dit ’n aaneenlopende en vloeiende beweging vorm.

Die eerste rolprentkamera-projektor in die moderne sin van die woord is omstreeks 1896 na Suid-Afrika gebring deur die goëlaar, Carl Hertz, en gereëlde vertonings het kort daarna begin, gewoonlik saam met verskeidenheidsprogramme. Nuusfilms is voor die einde van die 19de eeu in Pretoria en elders gemaak en beroepskameramanne het in die Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902) aan die front gewerk. Bioskope het vroeg in die 20ste eeu in Kaapstad, Johannesburg en Durban ontstaan. Die nuusrolprent, African Mirror, het omstreeks 1912 ontstaan en is dekades daarna nog gemaak. Onafhanklike operateurs is grotendeels opgeneem in die African Films-groep wat deur I.W. Schlesinger gestig is. Laasgenoemde het in 1916 rolprente begin maak in die eerste plaaslike ateljees by Killarney, Johannesburg en het in 1918 ’n reeks groot films vervaardig waarvan die mees uitstaande The Voortrekkers — ’n rolprent oor die Groot Trek was, en ook The Symbol of Sacrifice oor die Zoeloe-oorlog. Klankfilms het Suid-Afrika in 1929 bereik hoewel daar vroeëre eksperimentele vertonings was. Die eerste Cinerama in die land is in 1961 in Johannesburg geopen.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Rolbal
Volgende onderwerp: Roman
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:12:20 MGT 2024