Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Rolbal
Rolbal [boodskap #123596] So, 06 Januarie 2019 12:57
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Rolbal word gespeel.
Rolbal word gespeel.
Rolbal is 'n sport wat beoefen word deur balle op 'n grasbaan te rol. Mens moet jou bal so naby moontlik aan die kleiner doelbal (die "witte" ook die "jack" of "kitty" genoem) rol. Elke bal wat nader as die teenstander se bal opeindig tel een punt. Dit word individueel of in spanne van twee, drie of vier gespeel.

Port Elizabeth kan daarop aanspraak maak dat hy die eerste gereëlde rolbalklub in Suidelike Afrika gestig het. In 1882 is ’n baan uitgelê met die hulp van die munisipaliteit. Rolbal is kort daarna in Kimberley gespeel, hoewel ’n klub eers in 1889 op die Diamantveld gestig is. Cecil John Rhodes het terloops aansienlike steun hieraan gegee. Die eerste tussenstedelike kompetisie het in 1894 tussen Kimberley en Port Elizabeth plaasgevind. Rolbal het in 1898 in Kaapstad begin. Johannesburg het betreklik laat tot die rolbalgeledere toegetree, en het in 1908 aan sy eerste nasionale kampioenskap deelgeneem. Talle mense speel vandag in Suidelike Afrika rolbal.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Roggeveld
Volgende onderwerp: Rolprent
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:27:14 MGT 2024