Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Roerdomp (Ardeidae)
Roerdomp [boodskap #123594] So, 06 Januarie 2019 12:50
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Roerdomp.
'n Roerdomp.
Roerdomp (Ardeidae) is Suid-Afrikaanse watervoëls van die reierfamilie. Word aangetref in riete naby vleie en mere in die meeste dele van die land. Hulle het lang nekke, lang bene en lang bekke. Die volwasse voëls het sierlike pluime. Hulle sterk reguit bekke is uiters geskik om vis en paddas te vang. Anders as reiers maak hulle een nes. Staan gewoonlik eenbeen in varswater en gee voor dat hulle glad nie ’n voel is nie. Die Kaapse roerdomp is ’n groot geelbruin voël met ’n kraag wat hy na willekeur kan toevou. Maak ’n skrikwekkende geluid. Die mannetjie roerdomp of woudapie is swart met ’n bruin rug en maak nie ’n harde geluid nie. Hulle word baie min voor die aand gesien.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Robinson, William
Volgende onderwerp: Roggeveld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:40:33 MGT 2024