Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Robinson, William
Robinson, William [boodskap #123593] So, 06 Januarie 2019 12:47
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
William Robinson was 'n jagter en ontdekkingsreisiger. Broer van sir J.B. Robinson. In 1820 in Kent gebore en vergesel sy ouers as ’n setlaar na Suid-Afrika. Hy vind die lewe naby Grahamstad egter onaangenaam, verhuis na Cradock en in 1840 trek hy die verre binneland in. Hy begin as onderwyser, maar word later olifantjagter, iets wat met groot sukses bekroon is vanweë sy groot liggaamskragte. Baie van sy reise het hom na onbekende gebiede geneem en hy bereik Ngami-meer byna dieselfde tyd as David Livingstone, in 1851 en 1852. In 1872 staan hy as presidents-kandidaat vir Transvaal, maar word verslaan deur ds. T.F. Burgers. In 1915 op 95-jarige leeftyd oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Robinson, Sir Joseph Benjamin
Volgende onderwerp: Roerdomp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:55:28 MGT 2024