Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Robinson, Sir John
Robinson, Sir John [boodskap #123591] So, 06 Januarie 2019 11:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir John Robinson was die Eerste Minister van Natal. In 1839 in Engeland gebore. In 1850 kom hy met sy gesin na Natal en in 1852 help hy sy vader met die stigting van die Natal Mercury wat vandag nog floreer. Hy sit sy joernalistieke werk vir die grootste deel van sy lewe, sowel in Natal as elders, voort. Hy tree toe tot die plaaslike politiek en kom gou op die voorgrond. Hy word verkies tot die Wetgewende Raad en dien as afgevaardigde na verskeie Koloniale konferensies. Jare lank beywer hy hom vir die toekenning van Verantwoordelike Regering aan die Kolonie. Toe dit in 1893 verkry is, is hy aangestel as Premier en beklee hy dié amp tot 1897. Op 4 November 1903 in Durban oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Robinson, Sir Hercules George Robert
Volgende onderwerp: Robinson, Sir Joseph Benjamin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:15:13 MGT 2024