Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Robinson, Sir Hercules George Robert (Lord Rosmead)
Robinson, Sir Hercules George Robert [boodskap #123590] So, 06 Januarie 2019 11:58
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Hercules George Robert Robinson was die Goewerneur van die Kaapkolonie. In 1824 in Engeland gebore, seun van admiraal Hercules Roninson. Na ’n lang loopbaan in die Koloniale Diens, word hy in 1880 aangestel as Goewerneur aan die Kaap en Hoë Kommissaris vir Suid-Afrika. Tydens sy bewind breek die Eerste Vryheidsoorlog uit. Hy is na Engeland om die voorwaardes van die nuwe Konvensie met die Suid-Afrikaanse Republiek ná die herstel van onafhanklikheid, te gaan besleg. Tydens die stryd om Betsjoeanaland in 1884 het hy die stuur van sir Charles Warren se besettingsmag goedgekeur. Die besetting van Masjonaland deur Cecil Rhodes en sy vennote het nuwe diplomatieke probleme opgelewer wat hy suksesvol gehanteer het. In 1889, na die einde van sy ampstermyn, is hy terug na Engeland toe, maar ses jaar later, in 1895 het hy met ’n tweede ampstermyn as Goewerneur begin. Hy het die vrylating van dr. L.S. Jameson na die Inval in 1896 bewerkstellig, hoewel hy tog sy dade afgekeur het. In dieselfde jaar is hy lord Rosmead gemaak. Hy is kort na sy aftrede in 1897 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Robins, Lord
Volgende onderwerp: Robinson, Sir John
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:43:10 MGT 2024