Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Robins, Lord (Ellis Robins)
Robins, Lord [boodskap #123589] So, 06 Januarie 2019 11:56
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Lord Robins (Ellis Robins) was 'n Zimbabwiese (Rhodesiese) finansier en soldaat. In 1884 in die V.S.A. gebore. Hy studeer aan die Universiteit van Pennsylvanië en gaan na Oxford as een van die oorspronklike Amerikaanse Rhodes-beurshouers. Hy word namens die B.S.A. Company na Zimbabwe (Rhodesië) gestuur en word uiteindelik president van die maatskappy. Hy veg in albei Wêreldoorloë, verkry Britse nasionaliteit en word in 1954 tot ridder geslaan vir sy openbare diens in Zimbabwe (Rhodesië). In 1958 word hy Lord. Oorlede op 21 Julie 1962.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Robertson, Alfred George
Volgende onderwerp: Robinson, Sir Hercules George Robert
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:46:05 MGT 2024