Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Robertson, Alfred George
Robertson, Alfred George [boodskap #123588] So, 06 Januarie 2019 11:54
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Alfred George Robertson was die Administrateur van Transvaal. In 1867 in Natal gebore en ontvang opleiding aan Hilton-Kollege. Hy begin sy loopbaan met die bestuur van ’n koetsdiens na Barberton. In 1895 vestig hy hom in die distrik Wakkerstroom waar hy ’n vooraanstaande skaapboer word en baanbrekerswerk in verbeterde metodes doen. In 1907 word hy verkies tot die Transvaalse Parlement onder die Kroonkoloniebewind. Hy word lid van die Transvaalse Provinsiale Raad en ná Uniewording word hy Administrateur, van 1917-24. In 1929 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Robertson
Volgende onderwerp: Robins, Lord
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:51:26 MGT 2024