Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Roberts, Graaf (Frederick Sleigh Roberts)
Roberts, Graaf [boodskap #123586] So, 06 Januarie 2019 11:52
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Graaf Roberts (Frederick Sleigh Roberts) was 'n Britse soldaat. In 1832 in Cawnpore, Indië gebore. Die V.C. is in 1858 aan hom toegeken na sy diens in die Indiese Opstand en na ’n voortreflike loopbaan. Hy word in 1885 bevorder tot opperbevelhebber in Indië. In 1895 word hy bevorder tot maarskalk en teen die einde van 1899 neem hy bevel oor in Suid-Afrika. Hy trek soldate vanuit elke deel van die Britse Ryk en herorganiseer die vervoer- en voorradesamestelling. Sy eerste groot sukses was die gevangeneming van generaal Cronje by Paardeberg met 4,000 man in Februarie 1900. Kort daarna het hy Bloemfontein, Johannesburg en Pretoria ingeneem. Nadat hy generaal Louis Botha by Diamantheuwel verslaan en hom na Oos-Transvaal gedryf het, is Roberts in Oktober 1900 terug na Engeland. Van 1900 tot 1905 was hy opperbevelhebber van die Britse leër en het baie moeite gedoen om waarskuwings te rig teen Duitse militarisme. In 1914 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Robbins
Volgende onderwerp: Robertson
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:16:25 MGT 2024