Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Robbeneiland
Robbeneiland [boodskap #123584] So, 06 Januarie 2019 11:41
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Robbeneiland is 'n eiland in Tafelbaai, 12 kilometer (5 myl) van die vasteland en beslaan ongeveer 3 vk. myl. Die naam is afgelei van die talle robbe (robben in Hollands) wat oorspronklik daar aangetref is.

So vroeg as 1591 het die Engelse admiraal, Raymond dit besoek en in 1601 die Hollandse seevaarder, Joris van Spilbergen. Met die koms van die blankes is skape na die eiland geneem en is pogings aangewend om ’n rob- en visbedryf te ontwikkel. Vanweë die eiland se afsondering, is dit egter gebruik as ’n plek van verbanning, sowel vir politieke gevangenes, insluitend die beroemde Xhosaleier en profeet, Makana, as vir ongeneeslike siekes, veral melaatses en kranksinniges. Van 1846 tot 1931 is dit gebruik as ’n plek vir hierdie ongelukkiges. Meer onlangs het Robbeneiland ’n sleutelposisie beklee in die verdediging van Kaapstad en groot installasies in is die Tweede Wêreldoorlog daar opgerig. Vanweë sy slegte rekord vir strandings is daar ’n ligtoring op die eiland. In 1959 is dit weer verander na ’n strafgevangenis.

In 1999 die eiland deur Unesco tot wêrelderfenisgebied verklaar en vandag is dit 'n gewilde bestemming vir toeriste. 'n Veerboot van die Victoria & Alfred Waterfront bied 'n gereelde diens na die eiland.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Roast Beef-Eiland
Volgende onderwerp: Robbins
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:31:21 MGT 2024