Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Roan Antelope-Myn
Roan Antelope-Myn [boodskap #123582] So, 06 Januarie 2019 11:38
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Roan Antelope-Myn is 'n groot kopermyn in Zambië. Grens aan die dorpsgebied, Luanshya. Die maatskappy is in 1927 gestig om die ontwikkeling van vroeëre ontdekkings, wat terug dateer na die vonds van die oorspronklike erts deur William Collier in 1902, voort te sit. Dit het onder beheer gekom van die Rhodesian Selection Trust-groep, eers onder Alfred Chester Beatty, en later sir R.L. Prain, en het ontwikkel in een van die belangrikste ondernemings in sy soort in Afrika.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Rivonia-Verhoor
Volgende onderwerp: Roast Beef-Eiland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:19:10 MGT 2024