Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Rivonia-Verhoor
Rivonia-Verhoor [boodskap #123581] So, 06 Januarie 2019 10:57
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Rivonia-Verhoor is genoem na die deftige noordelike voorstad van Johannesburg waar daar in Junie en Julie 1963 hoeveelhede toerusting gevind is wat bestem was vir gebruik in ’n beplande burgeroorlog in Suid-Afrika. Van die tien mans wat vervolg is, was drie blankes — Denis Goldberg, Lionel Bernstein en James Kantor; een Indiër — Ahmed Mohamed Kathrada; en ses Bantoes — Nelson Mandela, Walter Sisulu, Goban Mbeki, Raymond Mhlaba, Elias Molsoaledi en Andrew Mhlangeni. Die saak is verhoor deur regter Quartus de Wet, Regter-president van die Transvaalse Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof van Suid-Afrika; 173 getuies is deur die staat ingeroep en ses van die beskuldigdes het onder eed getuienis afgelê. Mandela, Sisulu, Goldberg, Mbeki, Molsoaledi en Mhlangeni het skuld erken. Mandela is op 11 Junie 1964 lewenslange gevangenisstraf opgelê. Die ander, behalwe Kantor wat ontslaan is, is ligter vonnisse opgelê.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Rivier Zonder Eind
Volgende onderwerp: Roan Antelope-Myn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:37:32 MGT 2024