Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Rivier
Rivier [boodskap #123577] So, 06 Januarie 2019 10:49
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Rivier.
'n Rivier.
'n Rivier is 'n natuurlike waterloop, gewoonlik van varswater wat in 'n oseaan, meer, see of ander rivier invloei. Sommige rivier vloei onder die grond in of droog op voordat dit 'n ander watermassa bereik. 'n Klein rivier staan bekend as 'n stroom, spruit, riviertjie, lopie of beek.

Van die rivierstelsels van Suid-Afrika is dit slegs ’n betreklike klein aantal wat die Atlantiese Oseaan binnevloei. Inderdaad vloei die meeste riviere in Namibië (Suidwes-Afrika), insluitende die vernaamste rivier, die Swakop, feitlik glad nie, met die uitsondering van die belangrike noordelike grensrivier, die Kunene. In die Republiek is die grootste rivier die Oranje, wat, soos die Olifants- en die Bergrivier, homself in die Atlantiese Oseaan leegloop. Aan die suidkus van die Republiek is die Breede-, die Gouritz- die Gamtoos- en die Sondagsrivier terwyl die Kowie-, die Groot Vis-, die Keiskama-, die Buffels-, die Groot Kei, die Basjee-, die St. Johns- (of Umzimvubu-), die Umzimkulu-, die Umgeni-, die Tugela-, die Umfulozi-, en die Pongolarivier slegs ’n paar is van dié wat die Indiese Oseaan voed. Die volgende riviere ontspring in die Republiek en vloei buite sy grens die Indiese Oseaan binne: die Maputa-, die Komati- en die Limpoporivier (of die Krokodilrivier). Die riviere van Zimbabwe (Rhodesië) sluit in: die Sabi-, die Buzi-, die Pungwe- en die Zambezi- rivier.

Ongelukkig verhoed die formasie van die tafelland van Suidelike Afrika die ontwikkeling van bevaarbare riviere en die enigste bruikbare dele is langs die Bergrivier, die Buffels- (wat Suid-Afrika se enigste en belangrikste rivierhawe het) en naby die mond van die Maputarivier. Al hierdie dele is baie beperk en van weinig ekonomiese belang. Die Laer Zambezi word egter deur hekwielbote gebruik, van die tipe wat op die Mississipirivier gebruik word.

Kyk ook onder die name van individuele riviere.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: River View
Volgende onderwerp: Rivierbrasem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:23:51 MGT 2024