Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Rimington, Generaal-Majoor Sir Michael Frederic
Rimington, Generaal-Majoor Sir Michael Frederic [boodskap #123569] Sa, 05 Januarie 2019 20:41
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal-Majoor Sir Michael Frederic Rimington was 'n Britse soldaat. In 1858 in Wallis gebore. In 1881 sluit hy aan by die Inniskilling Dragoons. Nadat hy in 1884 en 1885 aan die Betsjoeanalandse ekspedisie deelgeneem het, veg hy in 1888 in Zoeloeland, en ook in die Tweede Vryheidsoorlog waar hy homself as bevelvoeder van ‘Rimington’s Scouts’ (ook bekend as Rimington’s Guides), by Magersfontein, Thaba Nchu, Brandwater en elders onderskei het. Later in sy loopbaan was hy Inspekteur-generaal van die kavallerie in Indië. In 1928 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Riksja
Volgende onderwerp: Ringnekduif
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:53:55 MGT 2024