Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Riksdaalder ( Rds.)
Riksdaalder [boodskap #123567] Sa, 05 Januarie 2019 20:35
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Riksdaalder (ook riksdaalder, vroeër rijksdaalder; afgekort rds.) is ’n muntstuk wat onder die Nederlandse bewind aan die Kaap gebruik is. Die woord is ’n vervorming van "Ryks daaler" wat ’n daalder van die "Ryk" (vergelyk Reich wat vroeër in Duitsland gebruik is) beteken. Die waarde van ’n riksdaalder was gelykstaande aan nagenoeg 12,5c. Die riksdaalder is uiteindelik op 21 Maart 1841 in die Kaap die Goeie Hoop afgeskaf, maar in die Boere-republieke was dit nog ’n geruime tyd in gebruik. Tot so laat as 1862 is die benaming, hoewel nie die muntstuk nie, nog amptelik in die O.V.S. gebruik, en eers in 1868 is van die riksdaalder oorgeskakel na die stelsel van £ s. d. Die wisselkoers was destyds 4 riksdaalders vir 10s.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Rietrot
Volgende onderwerp: Riksja
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:27:32 MGT 2024