Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Riebeeck, Abraham van
Riebeeck, Abraham van [boodskap #123559] Sa, 05 Januarie 2019 20:20
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Abraham van Riebeeck was Goewerneur-generaal van Nederlands-Oos-Indië. Seun van Jan van Riebeeck en op 18 Oktober 1653 in die Kaap die Goeie Hoop gebore. Hy gaan na Holland op 7-jarige ouderdom, studeer in die regte aan Leyden en sluit aan by die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie, wat hom in 1677 as onderhandelaar na Batavia stuur. Hy word geleidelik bevorder en in 1709 word hy Goewerneur-generaal. In 1713 is hy in Batavia oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Richterveld
Volgende onderwerp: Riebeeck Kasteel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:41:37 MGT 2024