Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Rhodes, Kolonel Francis (Frank) William
Rhodes, Kolonel Francis (Frank) William [boodskap #123552] Sa, 05 Januarie 2019 20:09
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kolonel Francis (Frank) William Rhodes was 'n Britse soldaat en ouer broer van Cecil John Rhodes. In 1850 in Bishop’s Stortford gebore. Hy het vóór sy broer na Suid-Afrika gekom, ’n kort tydjie in Kimberley deurgebring, maar siek geword en in 1873 teruggekeer. In 1894 tree hy af uit die leër en gaan na Zimbabwe (Rhodesië) waar hy as administrateur vir dr. L.S. Jameson waargeneem het. Daarna verhuis hy na Johannesburg, raak betrokke in die Reform-beweging en in die Jameson-inval waarvoor hy deur die Krugerregering tot gevangenisstraf gevonnis en met R2,000 beboet is. Hy veg in die Matabele-opstand van 1896. In die Tweede Vryheidsoorlog veg hy met groot onderskeiding by Ladysmith, Mafeking en elders. In 1905 in Kaapstad oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Rhodes-Klousule
Volgende onderwerp: Rhokana Corporation
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:06:58 MGT 2024