Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Zimbabwiese Spoorweë
Zimbabwiese Spoorweë [boodskap #123550] Sa, 05 Januarie 2019 20:04
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Zimbabwiese (Rhodesiese) Spoorweë is die vervoerstelsel wat per spoor in Zimbabwe en in 'n beperkte mate anderkant hulle grense diens lewer. Sy oorsprong kan teruggespoor word na die Bechuanaland Railway Company Ltd., wat in 1893 in Londen gestig is, met ’n nominale kapitaal van £8,000 vir die bou van ’n spoorlyn noordwaarts van Vryburg af. In Oktober 1897 was die spoorlyn tot by Bulawayo voltooi. Intussen is daar begin met die bou van nog 'n spoorlyn van die kus af deur die Beira Railway Co. Ltd., wat in 1892 gestig is onder voorsitterskap van Alfred Beit, met ’n kapitaal van £250,000. In 1898 is die spoorlyn gebou tot by Umtali. Die oorblywende deel, van Umtali tot by Harare (Salisbury), is voltooi deur die Mashonaland Railway Company Ltd., geregistreer in 1897, met ’n kapitaal van £450,000, en die verbinding is op 1 Mei 1899 voltooi. Die Bechuanaland Railway Company het sy naam in 1899 verander na Rhodesia Railways Limited en word die beherende onderneming in die gebied met ’n kapitaal van £2,000,000. Die firma was ook verantwoordelik vir die verbinding van Beira met Harare (Salisbury) en Bulawayo, asook vir die verlenging van die hooflyn na die Victoria-waterval en uiteindelik na die Kongo-grens.

’n Filiaalmaatskappy, die Rhodesia-Katanga Junction Railway and Mineral Company Ltd., is later gevorm, terwyl ’n ander onderneming, die Blinkwater Railway Company Limited, verantwoordelik was vir die tak van Gwelo na Fort Victoria. Die Zimbabwiese (Rhodesiese) Spoorweë het onlangs ’n direkte spoorlyn van Bannockbum in Zimbabwe (Rhodesië) deur Mosambiek na Maputo (Lourenco Marques) gebou. Na lang samesprekings en die goedkeuring van die nodige wetgewing, is die Zimbabwiese (Rhodesiese) Spoorweë in 1947 teen £30,000,000 deur die Staat gekoop en die oordrag is twee jaar later geneem.

In 1959 is ’n ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse Spoorweë getref waarvolgens Zimbabwe (Rhodesië) die diens van die deel van die ou Bechuanaland Railway van Vryburg na Bulawayo van die Suid-Afrikaanse Spoorweë oorgeneem het.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Zimbabwiese Staatslotery
Volgende onderwerp: Rhodes-Klousule
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:47:02 MGT 2024