Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Zimbabwiese Yster- en Staalkommissie
Zimbabwiese Yster- en Staalkommissie [boodskap #123547] Sa, 05 Januarie 2019 19:43
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Zimbabwiese Yster- en Staalkommissie is die grootste staalwerke in Zimbabwe. Dit was aanvanklik 'n statutêre liggaam bekend as RISCOM (Rhodesian Iron and Steel Commission). In 1942 gestig ten einde so ver moontlik uit plaaslike bronne, in die yster- en staalbehoeftes van die kolonie te voorsien. ’n Fabriek is naby Que Que opgerig met 'n aanvanklike vermoë van 30,000 ton per jaar, maar dit het vanweë die klein afsetgebied, hoë koste, ens., met baie probleme te kampe gehad. In Oktober 1957 is dit oorgeneem deur ’n groep Britse nyweraars. Oor die jare is die maatskappy met baie operasionele probleme en korrupsieskandale gekonfronteer.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Rhodesië en Njassaland, Federasie van
Volgende onderwerp: Rhodesian Selection Trust Limited
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:52:12 MGT 2024