Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Zimbabwe
Zimbabwe [boodskap #123545] Sa, 05 Januarie 2019 17:02
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Zimbabwe (vroeër Rhodesië of Suid-Rhodesië) is 'n land en republiek in Afrika. Die hoofstad is Harare (Salisbury). Die is 'n landingeslote land begrens deur Zambië in die noordweste, Mosambiek in die noordooste, Suid-Afrika in die suide en Botswana in die suidweste. Die Mashona vorm die belangrikste inheemse etniese groep, gevolg deur die Ndebeles.

Die belangrikste mineraleprodukte is: goud, asbes, chroomerts, steenkool, ystererts, tin en koper. Die belangrikste mark is Brittanje vir tabak, asbes en tee. Die tweede belangrikste is sy handelsbetrekkinge met die Republiek van Suid-Afrika, gevolg deur die V.S.A. Sake word ook op groot skaal gedoen met Australië, Kanada, Indië, Hong Kong, Swede, Duitsland, Italië, Frankryk, Holland, België, Katanga, Mosambiek en Iran. Fabriekswese het ook vooruitgang gemaak.

Daar is groot besproeiingskemas in die Sabivallei. Mielieproduksie is hoog, maar die belangrikste oes uit die oogpunt van inkomste beskou is tabak, wat ’n groot oorsese mark het. Suiker word suksesvol op die Triangle Sugar Estates verbou. Op die Oostelike Hoogland word tee geproduseer. Daar is ook groot greinhoutplantasies aangeplant.

Verbindings is deur paaie, spoorweë en, al hoe meer, deur lugvaart. Teermacadam vervang ook steeds die "strook"-oppervlaktes van die hoofpaaie. Die belangrikste bron van elektriese krag is die Kariba-skema. Laasgenoemde word deur die Zimbabwies (Rhodesiese) Elektrisiteitsvoorsieningskommissie beheer, en die kopermyne van Zambië is verreweg die grootste verbruikers.

JAARTALLETABEL

1505 - Besetting van Sofala deur Vasco da Gama en stigting van eerste Portugese fort.
1817-1840 - Silkaats, die Kumalo-opperhoof, vlug van Tsjaka af en vestig hom in Matabeleland, omtrent 12 myl van Bulawayo, en stig so die Matabelevolk.
1853 - Geboorte van Cecil John Rhodes in Bishop’s Stortford, Engeland. Geboorte van Leander Starr Jameson in Edinburgh. Geboorte van Afred Beit in Hamburg, Duitsland.
1855 - Die Victoria-waterval word deur David Livingstone ontdek.
1858 - Die Royal Geographical Society stel Thomas Baines aan as kunstenaar van die Zambezi-ekspedisie onder Livingstone.
1859 - Die Londense Sendinggenootskap stig Inyati-sendingstasie onder dr. Robert Moffat.
1861 - Opname van ekspedisie na Victoria-waterval deur Baines en Chapman.
1867 - Die Zimbabwebouvalle word deur Adam Renders ontdek.
1868 - Dood van Silkaats.
1870 - Lobengula volg Silkaats op as koning van die Matabeles. Eerw. J.B. Thomson stig die Hope Fountain-sendingstasie.
1871 - Cecil John Rhodes kom in Natal aan. Karl Mauch skryf ’n verslag oor die Zimbabwe-bouvalle. Lobengula staan konsessie toe aan Thomas Baines om in sy gebied na goud te prospekteer.
1888 - Rudd-konsessie by Umvutcha, naby Bulawayo, geteken wat mineraleregte aan Rhodes en medewerkers toeken.
1889 - Chartered Company gestig.
1890 - Pioneer Column onder kolonel Pennefather ruk op na die noorde. Britse vlag word by Fort Salisbury gehys. Spoorverlenging van Kimberley na Vryburg oopgestel.
1891 - Britse Protektoraat oor Betsjoeanaland, Matabeleland en Masjonaland. President McMahon beslis oor Anglo-Portugese grens. Dr. L.S. Jameson word hooflanddros en administrateur van Masjonaland.
1892 - Telegraaflyne tot by Fort Salisbury aangelê. Beira Railway Company gestig, en eerste 75 myl oopgestel. Eerste blanke skool in Salisbury.
1893 - Die Moodie-trek bereik Chipinga. Daar word begin met die bou van die spoorlyn van Vryburg na Mafeking. Matabeles en Masjonas bots by Victoria. Matabele-oorlog. Lobengula se kraal word beset.
1894 - Dood van Lobengula. Spoorlyn van Vryburg na Mafeking oopgestel.
1895 - Deur proklamasie van dr. L.S. Jameson word gebied ‘Rhodesië' (Eng: Rhodesia), genoem.
1896 - Dr. Jameson bedank as administrateur. Matabele-opstand bars los. Masjona-opstand bars los. Rhodes besoek Matoppo’s om vrede te maak met Matabele-opperhoofde.
1897- Umtali verskuif na nuwe terrein. Munisipaliteite van Salisbury en Bulawayo gestig. Einde van Masjona-opstand. Oopstelling van spoorlyn van Vryburg na Bulawayo.
1898 - Spoorlyn van Beira na Umtali gebou.
1899- Wetgewende Raad vir Suid-Rhodesië gestig. Beira-Salisbury-spoorlyn oopgestel.
1902 - Dood van Cecil John Rhodes. Spoorlyn van Bulawayo na Salisbury voltooi.
1904 - Teraardebestelling van majoor Allan Wilson en sy geselskap in die Matoppo’s. Spoorlyn na Victoria-waterval voltooi. Brug by Victoria-waterval oopgestel.
1906 - Dood van Alfred Beit.
1910 - Hertog van Connaught onderneem ’n toer deur Rhodesië. 1913-Aanstelling van dr. L.S. Jameson as president van British South Africa Company.
1915 - Aanvullende Oktrooi uitgereik.
1917 - Dood van sir Starr Jameson. 1920-Cave-kommissie ken B.S.A. Company ’n bedrag van £4,435,225 toe vir bates wat deur die regering oorgeneem is.
1922 - Referendum van kiesers besluit op verantwoordelike regering.
1923 - Suid-Rhodesië word geannekseer deur Groot Brittanje. Verantwoordelike regering in Suid-Rhodesië ingestel.
1924 - Eerste verkiesing van Wetgewende Vergadering.
1925 - Besoek van die Prins van Wallis aan Suid-Rhodesië.
1926 - Die Britse lugmag-vlug van Kaïro na Kaapstad word by Bulawayo onderbreek.
1927 - Dood van sir Charles Coghlan, eerste Premier van Suid-Rhodesië en opvolger van Sy Edele H.U. Moffat.
1928 - Sir Cecil Hunter Rodwell, K.C.M.G., word goewerneur van Suid-Rhodesië.
1929 - Beitbrug oor die Limpopo word oopgestel.
1930 - Doeane-konferensie in Kaapstad kom tot ’n ooreenkoms.
1932 - Imperial Airways se vliegtuig City of Basra bereik Bulawayo op Kaap-Londen-diens.
1933 - Moffat-regering se aanbieding van £2,000,000 vir minerale regte deur Chartered Company aanvaar. Reform Party wen algemene verkiesing. Sy Edele G.M. Huggins word Eerste Minister.
1935 - Handelsooreenkoms met Unie. Eerste loot getrek by staatslotery. Birchenough-brug oor die Sabi-rivier oopgestel.
1940 - Empire Training School (Britse Lugmag) by Salisbury geopen. Viering van Jubileum by Bulawayo.
1941 - De Beers laat vaar konsessie vir diamantregte.
1943 - Gatooma Cotton Mills geopen. Bulawayo vier 50ste herdenking van besetting van Matabeleland.
1944 - Britse regering verwerp voorstel vir samesmelting van Suid- en Noord-Rhodesië en Njassaland.
1945 - Eerste vergadering van Central African Council for Rhodesia and Nyasaland in Salisbury.
1946 - Parlement aanvaar mosie om ’n universiteit te stig.
1949 - Ooreenkoms bereik in samesprekings oor Federasie by Victoria-waterval. Kolonie se vierjaarplan ten koste van £53,000,000 in die Parlement voorgelê.
1949 - Rhodesiese Premier woon Statebondskonferensie in Londen by. Direkte spoorlyn na Lourenco Marqucs voorgestel.
1950 - Sensus toon 65 persent styging in die blanke bevolkingsyfer sedert 1946.
1951 - Ontvang ’n lening van 28,000,000 dollar van Wêreldbank. Immigrasiebeperkings ingestel.
1952 - Rhodes-eeufeesuitstalling in Bulawayo. Besoek deur Koningin Moeder en Prinses Margeret. Stigting van Federasie van Rhodesië en Njassaland.
1953 - Universiteitskollege van Rhodesië en Njassaland gestig. Spoorlyn van Bannockbum na Lourenço Marques geopen.
1954 - Anglikaanse Kerk van Sentraal-Afrika gestig. Federale Hooggeregshof ingestel. Werk begin aan Karibadam.
1955 - Lord Llewellin, eerste Goewerneur-generaal van die Federasie, aangestel. Lord Malvem tree af as Premier. Word opgevolg deur sir Roy Welensky.
1957 - Dood van lord Llewellin. Opgevolg deur lord Dalhousie. Universiteitskollege van Rhodesië geopen.
1958 - Rhodesiese Yster- en Staal-kommissie gedenasionaliseer en fabrieke by Que Que aan private ondernemings oorgedra.
1959 - Onluste in Njassaland. Veldtog om wild te red uit gebiede wat deur Karibadam oorstroom is.
1960 - Opening van Karibadam. Monckton-Kommissie se verslag oor Rhodesië as grondwetlike ontwikkeling.
1961- Londense konferensie oor die toekomstige grondwetlike veranderings.
1962 - Oprigting olieraffinadery by Umtali gemagtig.
1963 - Federasie verbrokkel.
1964 - Naam verander van Suid-Rhodesië na Rhodesië. Referendum word gehou oor onafhanklikheid.
1965 - Premier Ian Smith verklaar Rhodesië eensydig onafhanklik op 11 November.
1966 - Brittanje stel oliesanksies teen Rhodesië in.
1980 - Rhodesië word onafhanklik onder Robert Mugabe en die land se naam verander na Zimbabwe.
2017 - Na 'n de facto-staatsgreep bedank Mugabe as staatshoof.
2018 - Emmerson Mnangagwa word die president nadat hy die verkiesing skraps gewen het.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Herald (Zimbabwe)
Volgende onderwerp: Rhodesië en Njassaland, Federasie van
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:36:20 MGT 2024