Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Rhodes-Beurs
Rhodes-Beurs [boodskap #123541] Sa, 05 Januarie 2019 14:53
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Rhodes-beurse is 'n aantal beurse wat uit die nalatenskap van Cecil John Rhodes toegeken word aan belowende studente uit sekere lande vir driejarige studie aan die Universiteit van Oxford in Engeland.

Volgens Rhodes se testament is omtrent een derde van sy boedel, wat nagenoeg £2,000,000 uit nagenoeg £6,500,000 bedra, in trustees belê. Hy het versoek om in die Matoppo’s (by ‘World’s View’ in Zimbabwe) begrawe te word en dat die omliggende landskap in ’n openbare plesieroord en plaas ontwikkel word. Sy woning by Kaapstad, Groote Schuur, moes die tuiste van die Eerste Minister van die Verenigde Suid-Afrika word. £100,000 is aan sy ou kollege Oriel by Oxford, nagelaat en 60 beurse, elk ter waarde van £250 per jaar vir drie jaar, is toegeken aan uitgesoekte jongmanne hoofsaaklik uit die Engelssprekende wêreld wat insluit 24 van Suid-Afrika, 21 van Australië, 6 van Kanada, 3 van Newfoundland, 3 van die Bermudas, 3 van Jamaika en ’n aantal wat later vasgestel sou word, van die Verenigde State. Rhodes het bepaal dat nie slegs opvoedkundige prestasies nie, maar ook karakter en sportmanskap in aanmerking geneem moes word.

Die aantal beurse is later vermeerder tot 160, en die waarde tot £600 per jaar. Vyftien beurse is ook tot die beskikking van die Duitse Keiser gestel en is later oorgedra aan Duitse studente. Almal is vir drie jaar toegeken by Oxford waar Rhodes-huis die hoofkantoor van die Trust is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Rhodes
Volgende onderwerp: Rhodes, Cecil John
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:09:24 MGT 2024