Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Reyersbach, Louis Julius
Reyersbach, Louis Julius [boodskap #123536] Sa, 05 Januarie 2019 12:11
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Louis Julius Reyersbach was 'n mynmagnaat en pionier van vroeë Suid-Afrikaanse motorwese. In 1869 in Duitsland gebore en sluit in 1891 aan by die Londense tak van Wemher, Beit & Co. Hy word in 1894 na Kimberley gestuur en in 1901 na Johannesburg. Daar word hy ’n senior uitvoerende beampte van die Rand Mines-groep en is grotendeels verantwoordelik vir die samesmelting van Crown Mines. Hy tree in 1914 af en is in 1927 in Engeland oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Rex, George
Volgende onderwerp: Reynolds, Sir Frank
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:15:07 MGT 2024