Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Rex, George
Rex, George [boodskap #123535] Sa, 05 Januarie 2019 12:10
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
George Rex was 'n geheimsinnige pionier wat geassosieer word met Knysna. Daar word beweer dat hy die seun was van George III van Engeland, wat terwyl hy die Prins van Wallis was, getrou het met Hannah Lightfoot, bekend as ‘The Fair Quakeress’. Die huwelik is glo by Kew, naby Londen, voltrek, maar die bladsy van die register vir dié betrokke dag is verwyder. Hannah Lightfoot het later met ’n mnr. Axford getrou. George Rex, wie se naam dui op koninklike afkoms, het in 1795 na die Kaap gekom en is met groot respek deur die owerheid behandel. Hy is aangestel as balju van die Admiraliteitshof en vestig hom in 1817 naby Knysna waar hy in groot swier gewoon het. Hy is in 1839 oorlede en sy graf bestaan vandag nog. Sy seun, John Rex, was ook ’n prominente kolonis en was verantwoordelik vir die oopstelling van die Buffelsrivier (nou Oos-Londen) vir skeepvaart. Lede van die Britse koninklike familie het buitengewone belangstelling in die Rex-familie getoon. Dit het begin met die jagekspedisies van Prins Alfred in die jare 1860 en het tot in die 20ste eeu voortgeduur met die besoeke deur Prinses Beatrice en die Prins van Wallis (nou Hertog van Windsor).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Retief, Pieter
Volgende onderwerp: Reyersbach, Louis Julius
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:33:01 MGT 2024