Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Retief, Pieter
Retief, Pieter [boodskap #123534] Sa, 05 Januarie 2019 12:07
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Pieter Retief was 'n Voortrekkerleier. Van Franse afkoms en in 1780 naby die huidige dorp Wellington, gebore. As jong man verhuis hy na die Oosgrens waar hy hom in 1814 op die plaas Mooimeisjesfontein, vestig. Hy het baie wisselvallighede, sowel in boerdery as in sy sake (as boukontrakteur) ondervind. Hy het in die grensoorloë geveg en in 1822 word hy aangestel as Kommandant. In die krisis wat gekulmineer het in die Groot Trek, was Retief die woordvoerder vir die Trekkers en is later gekies as een van hulle leiers. Voor die finale vertrek in 1837, het hy ’n historiese manifes uitgereik waarin hy die doel van die trek verduidelik het. Nadat hy gehelp het met die stigting van die eerste regeringstelsel by Winburg, het Pieter Retief die ekspedisie oor die Drakensberg na Natal gelei. Hy het die opperhoof Dingaan gaan spreek in verband met die toekenning van ’n gebied waarop hulle hulle kon vestig. Dingaan het egter geëis dat die Trekkers hom eers moes help om sekere beeste, wat van hom gesteel sou wees, terug te kry vóórdat enige reëlings getref kon word. Retief het dit uitgevoer, maar met sy terugkeer is hy en sy geselskap, terwyl hulle Dingaan se gasvryheid geniet het, vroeg in Februarie 1838 verraderlik aangeval en vermoor.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Republiek van Suid-Afrika
Volgende onderwerp: Rex, George
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:45:47 MGT 2024