Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Republiek van Suid-Afrika
Republiek van Suid-Afrika [boodskap #123533] Sa, 05 Januarie 2019 11:56
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Republiek van Suid-Afrika is 'n land en republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit word sedert 31 Mei 1961 so genoem, en was voor dit as die Unie van Suid-Afrika bekend. Die land grens in die noorde aan Namibië (1,005 km grens), Botswana (1,969 km grens) en Zimbabwe (230 km grens), en in die noordooste aan Mosambiek (496 km grens) en Swaziland (438 km grens). Lesotho (1,106 km grens) vorm 'n enklawe binne die grense van Suid-Afrika.

Pretoria is die administratiewe hoofstad van die Republiek en Kaapstad die wetgewende hoofstad. Die bevolking in 1966 was 19,298,000. Teen 2011 het die land meer as 51,000,000 inwoners gehad. Sy seestrominge, platoformasie en afstand van die ewenaar gee aan die Republiek ’n taamlike matige klimaat, geskik vir nedersetting (sien Klimaat).

Vir besonderhede oor die grondwet sien Grondwet.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Republiekdag
Volgende onderwerp: Retief, Pieter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:58:53 MGT 2024