Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Renoster (Rhinoceros)
Renoster [boodskap #123528] Sa, 05 Januarie 2019 11:46
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Renoster.
'n Renoster.
Die Renoster is die grootste landsoogdier behalwe die olifant in Suidelike Afrika. Daar is twee soorte: die swartrenoster (Rhinoceros bicornis), wat vroeër dwarsdeur Suidelike Afrika aangetref is en nou slegs in die Bosveld, Oos-Transvaal en Zimbabwe (Rhodesië) aangetref word, en die witrenoster (R. simus) wat nog nooit besuide die Oranjerivier gesien is nie, en nou slegs in die Hluhluwe en ander Nasionale Parke in Zoeloeland en in sekere dele van Zimbabwe aangetref word. Op een stadium is daar gemeen dat dié soort uitgesterf is, maar teen dié einde van die 19de eeu is dit herontdek. Die swartrenoster is ongeveer 1,5 meter (5 voet) hoog van die skouers af en die liggaam is omtrent 3 meter (10 voet) in omtrek. Die witrenoster is amper 2,1 meter (7 voet) hoog van die skouer af en digby 4,3 meter (14 voet) in omtrek. Albei soorte sien swak en het ’n lae intelligensie, maar het ’n skerp reuk- en gehoorsin. Die witrenoster het ’n reguit, nie ’n ‘grypende’ bolip nie. Albei het twee horings en gevalle is aangemeld waar die groter voorhoring amper 1,5 meter (5 voet) lank was. Die laaste swartrenoster in die Kaap is in 1853 naby Port Elizabeth geskiet.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Renders, Adam
Volgende onderwerp: Renosterbos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:56:48 MGT 2024