Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Renault, Mary (Mary Challans)
Renault, Mary [boodskap #123526] Sa, 05 Januarie 2019 10:35
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Mary Renault (regte naam Mary Challans) was 'n romanskryfster. In 1905 in Londen gebore. Studeer aan Clifton High School, Bristol en aan St. Hugh’s College, Oxford. Daarna bekwaam sy haar as verpleegster aan die Radcliffe-Hospitaal, Oxford. Haar eerste belangstelling in die skryfkuns is gekanaliseer in die produksie van verhale van die Wilde Weste. Haar eerste roman, Purposes of Love, het in 1938 verskyn. Nadat sy tydens die Tweede Wêreldoorlog verpleging gedoen het, het sy in 1948 na Durban geëmigreer en haar in 1958 in Kaapstad gevestig. Haar beroemdheid berus hoofsaaklik op ’n reeks romans gebaseer op ’n gedetailleerde studie van die lewe in Ou Griekeland; The Last of the Wine (1956) gevolg deur The King Must Die, The Bull from the Sea, ens.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Remskoen
Volgende onderwerp: Renders, Adam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:14:02 MGT 2024