Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Reitz, Kolonel Deneys
Reitz, Kolonel Deneys [boodskap #123521] Sa, 05 Januarie 2019 10:24
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kolonel Deneys Reitz was 'n Suid-Afrikaanse skrywer en staatsman. Seun van president F.W. Reitz. In 1882 in Bloemfontein gebore en verhuis na Pretoria toe sy vader in 1898 Staatsekretaris daar word, Op 17-jarige ouderdom sluit hy aan by die Boeremagte in die Tweede Vryheidsoorlog. Hy het sy ondervindings te boek gestel, maar dit vir baie jare nie gepubliseer nie. Na Vrede was hy onversoenbaar, word transportryer in Madagaskar en keer in 1904 terug. Deur sy lewenslange vriendskap met generaal Smuts, was hy in staat om ’n nuwe begin te maak. Hy bekwaam hom as prokureur en praktiseer op Heilbron, O.V.S. Tydens die Eerste Wêreldoorlog sluit hy by die leër aan en gaan na Duits-Suidwes-Afrika en Duits-Oos-Afrika, daarna na Frankryk waar hy bevorder is tot bevelvoerder van die Scots Fusiliers. Met sy terugkeer na Suid-Afrika, tree hy in 1920 toe tot die Parlement, begin met ’n praktyk in Johannesburg en dien herhaaldelik in generaal Smuts se kabinette. Hierin hou hy die portefeuljes van Lande (1923-24), Mynwese en Naturellesake. Hy het besondere roem verwerf met sy gedenkskrifte van die Tweede Vryheidsoorlog wat hy onder die titel, Commando, gepubliseer het. Dit is onmiddellik erken as van hoogstaande gehalte en het ’n Suid-Afrikaanse klassieke werk geword. Later het hy Trekking On en No Outspan geskryf en die verhaal van sy loopbaan voortgesit. Hy het egter nooit sy beplande biografie van president Kruger geskryf nie. In 1942 word hy aangestel as die Unie se Hoë Kommissaris in Londen en is daar in 1944 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Reitzburg
Volgende onderwerp: Reitz, Francis William
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:57:28 MGT 2024